Tags is bloot sleutelwoorde wat jou pos makliker maak om voor te soek, en dit bied ook 'n tipe van klassifikasie sisteem vir poste.
Gestel jou pos gaan oor 'n nuwe fliek, gebruik dan die naam van die fliek en miskien ook die woord "fliek" as tags. Die tags sal dan vertoon word aan die regterkant van die forum hoof
bladsy. Indien iemand anders dan ook iets pos oor dieselfde fliek en
dieselfde tags gebruik, sal die twee poste as't ware gekoppel wees
aanmekaar via hulle tags.
1) Probeer hou by niks meer as 4 of 5 tags per pos.
2) Gebruik 'n semi-colon (;) om tags te skei. Bv. Lord of the Rings;fliek sal twee tags skep, naamlik Lord of the Rings en fliek.